Erediens uitsending instruksies

GK Wonderboompoort se eredienste word intyds uitgesaai by die volgende skakel (youtube word daarvoor gebruik):
http://intyds.gkwonderboompoort.org

As jy ‘n epos wil ontvang wanneer ‘n uitsending begin dan kan jy inteken by bg. skakel deur op SUBSCRIBE/INTEKEN te klik.

Dataverbruik minimalisering

Dataverbruik kan verminder word deur die kwaliteit wat youtube stream af te bring na 144p. Ons sal ook ‘n MP3 op die webblad by mp3.gkwonderboompoort.org laai 1 uur na afloop van die erediens. Data verbruik per preek vir verskillende kwaliteit is soos volg:

  1. MP3 op webblad: 20MB
  2. Youtube intyds op 144p kwaliteit: 30-90 MB
  3. Youtube intyds op 480p kwaliteit: 400-600MB
  4. Youtube intyds op 720p kwaliteit: 1.2-2.7GB

‘n Mens stel die 144p of 480p kwaliteit deur die volgende prosedure vir rekenaar en selfoon te volg:

VIR REKENAAR:

Regs onder op video waar die wielletjie is by Gehalte te klik.

(Onder toon ons met rooi pyltjie aan waar geklik moet word)

VIR SELFOON:

Regs bo op die drie dotte te klik en dan die Gehalte te verander. 

Kies die kwaliteit : 144p is die swakste en 720p die beste.

144p is heel sienbaar. Die verstek verstelling is 480p.

Belangrikese skakels

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *