Predikante van ons gemeente
- GKWP
- Aug 10, 2021
- 2 min read
Updated: Aug 11, 2021

Du Plessis, Jan Barend 1961-1963

Van Dalsen, Hubrecht Anthonie 1964 – 1971

Van der Walt, Marthinus Wessel 1971 – 1988

Ferreira, I.W. 1988 – 1998

Meijer, dr. Gerard Johannes 1998 – 2008

Christiaan Jooste 2009 - 2016
Ds. Christiaan Jooste, sr. Irma en dogters Rene, Elmien en baba Irma is op 9 Mei 2009 in groot dank baarheid teenoor die Here in die gemeente ontvang. ’n Geseënde dienstyd van 7 jaar verloop, waar daar op alle fasette van die bedieningsveld gearbei word. In dié tyd word daar nog twee verbondskindertjies vir die gesin gebore nl. Christiaan (jnr.) 14/1/2009 en Jana 8/1/2015. Ds. Christiaan se ampswerk het deurgaans van hoë gehalte met goed voorbereide prediking in Woordbediening en kategismuspreke getuig.
Sondagaand 24 April 2016 gee hy kennis dat hy deur die GK Waterberg
as leraar beroep is. Op Sondag 15 Mei meld ds. Christiaan aan die kerkraad dat hy na deeglike en biddende oorweging die beroep moet opvolg. Tydens die kerkraadsvergadering van 26 Mei 2016 word sy versoek tot bewilliging van die beroep goedgekeur. Op 24 Julie 2016 word daar van die gesin Jooste afskeid geneem.

Le Roux, Pieter 2016 –
Ds Pieter is gebore in die Vrystaat. Hy is die jongste van 4 kinders. Hy het grootgeword op 'n plaas in die Hobhouse-distrik. Hy matrikuleer in 2005 aan Grey College. In 2006 begin hy teologie studeer in Potchefstroom aan die NWU. Dit is hier waar hy vir Karyna ontmoet, 'n nooi uit die Bosveld. Karyna het Kinderkinetika studeer ook aan die NWU in Potchefstroom.
Pieter het 'n meestersgraad in Hermeunetiek en ook 'n MDiv in Teologie. Hy hou van tuinmaak, lees, die plaas en oefen. Pieter en Karyna het 5 kinders. Adri, Pieter, Willem, Jakobus en Louis.
コメント